Administrasie
Verslagvorms | Oor Ons | Omsendbriewe
Verslagvorms
Hieronder kan u die nuutste verslae vir die 2009 verslagjaar aflaai asook ander verslae en vorms wat u kan gebruik in die uitvoering van die diakonale werksaamhede in u gemeente.
Kyk net onder die verskillende hoofde.DIAKENSVERGADERING:
Die wyksverslag moet ingevul word deur die Diaken, Ouderling of Kollektant van 'n wyk. Daarna moet al die wyksverslae ingevoer word met die pakket wat afgelaai kan word hieronder. Die wyke moet opgesom word na gemeente vlak en dan uitgevoer word. Daarna word die leër versend aan die Ringsdiakensvergadering.
Die Jaarverslag word ingevul deur die Dagbestuur van die Diakensvergadering. Dit moet uitgedruk, onderteken word op Diakensvergadering, voorgelê word aan die Ouderlingvergadering en daarna versend word aan die Ringsdiakensvergadering. Dit MOENIE ingevoer word nie.
RINGSDIAKENVERGADERING:
Die Ringsdiakensvergadering voer al die gemeentes se leërs in deur middel van die pakket en Ringsdiakensvergaderings kan dan die data van gemeentes opsom tot ringsvlak. Daarna kan die data uitgevoer word om te versend aan die Algemene Diakensvergadering.
Wanneer u die pakket aflaai, maak seker dat u dit “save” en nie “open” behalwe as u weet hoe om dit te installeer direk van die web af. “Save” die “zip” leër direk onder u C hardeskyf (Dryf).
Nadat u die pakket afgelaai het, moet u dit onttrek(extract) uit die “zip” leër. Maak seker u het ‘n applikasie wat “zip” leërs kan oopmaak. U kan net dubbelkliek op die leër. U sal dan gelei word met stappe om die applikasie te onttrek. U moet seker maak dat u die applikasie direk onder u C hardeskyf installeer. Indien u nie weet nie, kontak Diak D de Beer by 0832532551 vir hulp en bystand. Ongelukkig is daar te veel maniere om ‘n “zip” leër te onttrek om dit hier te verduidelik.
Na die installering kan u net gaan na C:/nhkerk/nhopstel.exe en daarop dubbel kliek. Dit sal dan die verslagvorm pakket oopmaak.
U kan dieselfde verslag gebruik wat u gebruik het vir 2008 se data. Maak net seker dat u 2008 se data uitgevoer het. Daarna kan u die wyke se inligting vir 2009 oor die 2008 data invoer. Na invoering van 2009 se data moet u net weer die gemeente opsom en dan weer die inligting uitvoer.
Laai pakket in zip formaat hier af OPGRADERING: Indien u reeds 'n ouer weergawe afgelaai het van die pakket word daar aanbeveel dat u opgradeer na die nuutste weergawe. Kontak asb vir De Wet of Danie om u in hierdie verband by te staan.
'n Gebruikernaam en wagwoord word benodig. Die gebruiker naam is u gemeente of ring se naam i.e. Sasolburg-Suid en die wagwoord kan u verkry deur De Wet Naude te kontak by 082 658 9353 of de.wet.naude@sap.com. Indien u probleme ondervind om hom in die hande te kry, kan u ook vir Danie de Beer kontak by 083 253 2551 of 0832532551@mtnloaded.co.za (h) / danie.debeer@sita.co.za (w).
DEMOSTRASIES:
Hieronder is demostrasies van hoe om die pakket te installeer en te gebruik. Die "Aanlyn funksie" skakel sal 'n nuwe skerm oopmaak waar u die demonstrasie aanlyn kan volg. Die ".PDF" skakel sal die demostrasie in pdf oopmaak waarna u dit kan "save" en dan aflyn besigtig. U benodig egter "Adobe Reader v9" omdie funksionaliteit ten volle te kan benut.
- Demostrasie 1: Hoe om die pakket te installeer - Aanlyn funksie | .PDF formaat
- Demostrasie 2: Hoe om aan te teken - Aanlyn funksie | .PDF formaat
- Demostrasie 3: Hoe om data in te voer - Aanlyn funksie | .PDF formaat
ALGEMENE DIAKENSVERGADERING:
Tekslêer moet versend word aan die Algemene Diakensvergadering nadat die Ringsdiakensvergadering die data goedgekeur en uitgevoer het.
ANDER VERSLAE EN VORMS:
- Projektebundel vir Diakens op Gemeente- en Ringsvlak - .DOC | .PDF Formaat
- Beplanning- / aksie skedule wat voortvloei uit Samevattende verslae - .DOC | .PDF Formaat