Argief
Alle inligting wat verouderd raak op die webblad van tyd tot tyd maar wat nog belangrik is tot die uitvoering van die diakensamp sal hier gestoor word vir 'n tydperk.
Toerusting Modules:
Daar is vir baie lank in die kerk baie geduldig gewag vir hierdie kursus. Nou is die eindproduk op die tafel en gereed om deur diakens en dienswerkers gerbuik te word. Voordat daar weggespring word met hierdie kursus is dit belangrik om eers ‘n paar opmerkings te maak oor die agtergrond waarteen hierdie kursus bedink en saamgestel is.In die gelowige nadenke oor diakens is daar algemene eenstemmigheid dat diakenskap in die gemeente in diensknegterme verstaan moet word. Die identiteit wat die uniekheid van die diakenamp onderskei van ander ampte is geleë in die beeld van ‘n dienskneg. ‘n Diaken moet tegelyk nederig en sterk wees.Hierdie diakensamp word binne en in belang van die liggaam van Christus uitgeofen. Die diaken is self deel van die dienende gemeenskap van gelowiges. Diaken en lidmaat staan onder dieselfde gesag.Die vraag rondom die amp van die diaken is nie of die diakens ‘n opdrag het nie, maar hoe hierdie opdrag verstaan en uitgeofen word. Diakens is diensknegte van God in belang van die gemeente.Aan die ander kant beteken nederigheid nie swak leierskap nie. In opdrag van Christus en met handhawing van sy finale gesag moet daar doelgerig gelei en begelei word – maar altyd in die dienskneggestalte.Die diakens het nie gesag of beheer oor die denke en gedrag van die lidmate nie. In die diakens se leierskap gaan dit om ‘n onmiskenbare heenwysing na die Leierskap, Heerskap en Hoofskap van Jesus Christus in en oor sy gemeente.Wanneer diakens die gemeente liefhet, reageer die gemeente positief op hulle oproepe om betrokke te raak by die nood van ander mense in die gemente. Juis hierdie liefde word deur die voorbeeld van die diaken gedemonstreer.In die Skrif speel die roeping tot diens ‘n deurslaggewende rol in leierskap. Dit is juis die andersheid in Bybelse dissipelskap. Die dissipels kies nie vir hulle ‘n leermeester volgens hulle voorkeur nie. Hulle word tot navolging geroep. Jesus neem telkens self die inisiatief. Hy beslis wie Hy nodig het en Hy roep diegene wat Hy wil gebruik. Al is dit so dat diakens tot leierskap “verkies” word, moet onvervalsd gehandhaaf word dat leierskap primêr ‘n roeping tot diens is.Die verkiesing van diakens moet vir die gemeente ‘n saak van groot erns wees. Onverskillige en onnadenkende optrede in hierdie verband hou ernstige langtermyngevolge vir die gemeente in.Juis om die bogenoemde rede moet daar biddend met die verkiesing van diakens omgegaan word. Daar moet gebid word dat die Heilige Gees lidmate sal toerus met die gawes, soos Hy dit nuttig en nodig ag. Die diakenamp is daardie diens waartoe God lidmate van sy gemeente roep en toerus om saam met ander lidmate, in lyn met God se wil, doelwitte vir die gemeente te formuleer en saam met ander te bereik. In hierdie proses is die diaken die lidmaat wat nie alleen oplei en lei nie, maar wat ook met sy lewensvoorbeeld demonstreer hoe die betrokke diens gelewer en die taak uitgevoer word.Dit is is dan die gesindheidsverandering wat hierdie kursus ten doel het.Baie sterkte en seen met die deurwerk daarvan.
- Wilhelm CoetzerSekretaris: ADV
- Volledige toerustingspakket (Sonder kommunikasie module) - .DOC | .PDF formaat
- Doel van die program - .DOC | .PDF formaat
- Module 1: Die oorsprong en amp van diaken - .DOC | .PDF formaat
- Module 2: Diaken en kerk wees - .DOC | .PDF formaat
- Module 3: Die diaken se geloofslewe - .DOC | .PDF formaat
- Module 4: Oorsig oor roeping en funksie - .DOC | .PDF formaat
- Module 5: Kommunikasie - .DOC | .PDF formaat
- Evaluasie van die Toerustingspakket - .DOC | .PDF formaat.