Indien u nog nie u Agendas vir die Ringsdiakensvergadering gefinaliseer het nie, kan u onderstaande verslae ook byvoeg.
Indien u Agendas klaar gefinaliseer is sal dit hoogs waardeer word as u onderstaande verslae kan versprei asook behandel tydens u vergadering.
Vir die Ringsdiakensvergaderings wat reeds verby is, word u vriendelik versoek om hierdie verslae te versprei na al u gemeentes:
E-pos skrywe vanaf sekretaris van ADV:
Skriba
Ek weet as u hierdie e-pos lees gaan jou heel eerste reaksie wees om jou behoorlik te vervies. Julle agendas is reeds saamgestel en aan al die afgevaardigdes versprei – en nou kom hier nog twee laslappie verslae aan.
Ek vra groot verskoning vir hierdie ongerief.
Hierdie twee verslae het ongelukkig ook nie die kantoor van die ADV betyds bereik nie.
Ek het tog gedink om dit maar in elke geval deur te stuur.
U kan dit tydens die RDV behandel as u sou wou. Ek dink egter nie u moet nou ekstra onkostes aangaan om dit te laat vermeerder nie.
Jammer hiervoor.
Dit is een van die doelwitte hier by ons in die kantoor van die ADV om alles betyds by u uit te kry – maar heelaas dit is nie altyd moontlik nie.
Dankie dat u ons nie lewendig afslag nie maar met liefde help om die probleem op te los.
Groete
Wilhelm Coetzer
Sekretaris: Kommissie van die Algemene DiakensvergaderingVerslag van Bejaardes aan RDV's - Verslagjaar 2005:
Laai die verslag af in .doc | .pdf formaat.
Verslag van TOIBO aan RDV's - Verslagjaar 2005:
Laai die verslag af in .doc | .pdf formaat.