NHSV

Indien u nog nie die NHSV verslag wat aan u RDV gestuur is ontvang het nie, kan u hieronder 'n generiese weergawe van die verslag aflaai. Hierdie generiese verslag het net nie die inligting met betrekking tot u ring in nie:

E-pos skrywe vanaf NHSV Hoofbestuur:

Goeiedag,

Aangeheg is 'n oorsig van die NHSV se werksaamhede vir die periode 1/3/2004 tot 28/2/2005 vir u ring. Hierdie verslag vorm deel van u ring se RDV agenda.
Die nuutste finansiële syfers (soos verskaf deur ons Kerk se Interne oudit afdeling) van die NHSV takke in u ring, is ook by hierdie samevattende verslag ingewerk.

Twee NHSV taklede word gewoonlik gestuur na die RDV as afgevaardigdes van ‘n NHSV tak. Gegewens volgens NHSV jaarverslae dui aan dat ongeveer 88% van takke verteenwoordig is by die jaarlikse RDV.

Sedert 2003 het die NHSV Hoofbestuur begin om inligting en 'n oorsig van die NHSV se werksaamhede aan die RDV te stuur vir hantering tydens hul vergaderings. Hierdie inligting bevat ook opgesomde finansiële syfers van alle barmhartigheidsuitbetalings van die NHSV takke in ringsverband. Interne Oudit voorsien ons jaarliks van opsommende geouditeerde verslae van NHSV takke in rings- en streekverband. Hierdie state se inligting word verwerk en die syfers word vir elke ring en streek afsonderlik ingevoeg by die NHSV se RDV- en streeksverslae vir die jaar. Positiewe terugvoer word deurgaans hieroor ontvang.

Ek hoop u vind alles in orde so. Indien daar enige vrae is, kontak my gerus.

NHSV groete,

Mari-lizé Beukes
Vise-tesourier: NHSV Hoofbestuur
082 562 9399

Generiese verslag:

Laai die verslag af in .doc | .pdf formaat.