Omsendbriewe

 

06 Februarie 2006

OMSENDBRIEF: ADV 11/2006

Aan:

Die Skriba
Kommissie van die Ringsdiakensvergadering

Geagte Br/Sr

JAARVERSLAG VAN DIE KOMMISSIE VAN DIE ADV AAN DIE RINGSDIAKENSVERGADERINGS

 

Dit is weer daardie tyd van die jaar. Agendas moet opgestel en versprei word. Enige skriba se nagmerrie. Veral as daar nie by sperdatums gehou word nie!

Nou dra ons hier vanuit die kantoor van die kommissie van die ADV ook nog ons deeltjie by om sake vir u nog moeiliker te maak.

Ingesluit is ‘n afskrif van die Kommissie van die ADV se verslag ten opsigte van haar werksaamhede in 2005.

Laai die verslag hier af: .doc formaat | .pdf formaat

Neem asseblief dringend kennis van die inhoud van die verslag. Daar is sake in die verslag wat die aandag van die vergadering dringend vereis.

Sal u asseblief so vriendelik wees om hierdie verslag as ‘n Bylaag in u agenda vir die Ringsdiakensvergadering op te neem. Sal u ook sake uit hierdie jaarverslag wat deur die vergadering bespreek moet word, in die agenda van die vergadering opneem. U kan ‘n punt op u agenda inruim: “ADV Jaarverslag” en daaronder kan u al die sake wat die aandag van die vergadering moet kry, aanteken vir bespreking en besluit.

U moet ten alle koste ‘n situasie vermy waar hierdie besondere verslag as gelese beskou word. Beklemtoon die sake uit die verslag waaroor u vergadering ‘n besluit moet neem – onder andere oor ‘n begroting vir die Ringsdiakensvergadering ensovoorts.

Baie dankie vir u samewerking in die verband. Dit word opreg waardeer.

 

Groete in Christus

Dr WJ Coetzer
Sekretaris: Kommissie van die ADV