Omsendbriewe
16 Februarie 2006
OMSENDBRIEF: ADV 14/2006
Aan: Die Voorsitter
Diakenvergaderings
Geagte Voorsitter
DIE BEKENDSTELLING VAN DIE DIAKENS SE WEBWERF
Dit is met groot vreugde en entoesiasme wat ons die diakens se eie webblad aan u bekend stel. Hierdie eie webblad vir diakens is ‘n lang gekoesterde ideaal wat nou ‘n werklikheid geword het.
Die webblad is lewendig vanaf 10 Februarie 2006 en diaken Danie De Beer tree op as die eindredakteur van hierdie webblad.
U kan daarop inskakel deur na die webwerf van die kerk te gaan en te “click” op “diakens” of u kan direk via die volgende adres op die webwerf inskakel:
Gebruik hierdie hulpmiddel. Dit is daar om julle taak as diakens te vergemaklik. Alles wat nodig is en nuut is op die front van die diakonaat sal julle op hierdie webwerf vind.
Indien julle enige kommentaar oor die webwerf het kan julle dit gerus aan my e-pos by adv@nhk.co.za
Groete in Christus
Dr WJ Coetzer
Sekretaris: Kommissie van die ADV