Omsendbriewe
25 Februarie 2006
OMSENDBRIEF: ADV 15/2006
Aan: Die Voorsitter
Kommissie van die
Ringsdiakensvergadering
Geagte Voorsitter
STEMPROSEDURES TYDENS DIE VERKIESING VAN DIE
LEDE VAN DIE KOMMISSIE VAN DIE RDV
Dit het onder die aandag van die Kommissie van die ADV gekom dat daar in sommige ringe ‘n ongemaklikheid bestaan oor die wyse waarop lede vir die Kommissie van die RDV verkies word.
Om hierdie aangeleentheid bo alle verdenking te plaas het die Kommissie op sy pas afgelope vergadering van 11 Februarie 2006 die saak in behandeling geneem en as volg besluit:
Dit het in 2005 onder die aandag van die Kommissie gekom dat by die verkiesing van lede vir die Kommissie van die RDV die korrekte stemprosedures nie in alle gevalle gevolg word nie.
Die goue reël moet altyd in gedagte gehou word dat daar in die kerk baie duidelike riglyne bestaan oor die verkiesing van ampsdraers op kommissies
- Wanneer dit handel oor sake of dinge kan daar met die opsteek van hande gestem word.
- Wanneer dit gaan oor mense moet daar altyd per geslote stembriefie gestem word.
Voorsitters van vergaderings moet op hulle hoede wees vir ‘n voorstel uit die vergadering dat almal weer net so herkies word in hulle portefeuljes. Dit mag onder geen omstandighede gedoen word nie. Daar moet gestem word per geslote stembriefie vir elke pos op die Kommissie van die Ringsdiakensvergadering.
Elke afgevaardigde na die RDV moet die geleentheid kry om te stem vir die kandidate wat hy/sy as die mees geskikte vir die pos ervaar. Ons kan nie afgevaardigdes se reg om te stem van hulle wegneem net omdat ons die vergadering gouer wil afhandel nie.
Ek hoop dat u hierdie stukke advies sal aanvaar in die gees waarin dit bedoel is.
Groete in Christus
Dr WJ Coetzer
Sekretaris: Kommissie van die ADV