Omsendbriewe
24 Maart 2006
OMSENDBRIEF: ADV 16/2006
Aan: Die Voorsitter
Diakensvergadering
Geagte Voorsitter
DIE UITKOMSTE VAN DIE ARMOEDE BERAAD GEHOU OP 4 MAART 2006
Dit is my voorreg om aan u terugvoer te gee oor die afloop van die bogenoemde beraad:
- Die beraad kan in die geheel gesien, as ‘n baie groot sukses beskryf word.
- Die diakens was redelik verteenwoordigend van die kerk in die breë.
- Daar is pragtige besluite geneem wat prakties uitvoer is.
Daar is ook by hierdie geleentheid ‘n advieskomitee saamgestel wat as voortsetting van die beraad, aandag gaan gee aan die implementering van al die strategieë waarop daar besluit is.
Die ontstaan van hierdie advieskomitee is ‘n stukkie kosbare geskiedenis wat homself in die kerk afgespeel het. In die meer as 354 jaar van die kerk se bestaan hier in ons mooi land is dit die eerste keer dat die inisiatief volledig vanuit die amp van diaken uitgaan om ‘n noodsituasie in ons land aan te spreek. Daarom sal u verstaan dat ons hier by die Kommissie van die ADV baie opgewonde is oor hierdie advieskomitee.
Die komitee bestaan uit die volgende diakens:
Diaken Carin Redelinghuys – Voorsitter
Diaken Doepie Du Plessis
Diaken Frik Oosthuizen
Diaken Francois Burger
Diaken Gert Strydom
Diaken Jeanine Joubert
Diaken Daleen Basson
Diaken Tina NortjeDie volgende predikante is vanweë hulle kundigheid op die advieskomitee benoem:
Ds Sarel Oosthuizen
Ds CJ van Wyk
Ds Pieter Uys
Ds Marthinus van Staden (Swartkop Gemeente)
Ds Peet Esterhuizen
Ds Arno NieuwhofDie verslag oor die beraad sal mettertyd op die diakens se webwerf bekend gestel word.
Hierdie advieskomitee vergader op 20 Mei 2006 vir die eerste keer. So gou moontlik daarna sal die resultate van die beraad aan u beskikbaar gestel word.
Sterkte met u werksaamhede in die Gemeente
Groete in Christus
Dr WJ Coetzer
Sekretaris: Kommissie van die ADV