Omsendbriewe

 

31 Maart 2006

OMSENDBRIEF: ADV 17/2006

Aan:

Die Voorsitter
Diakensvergadering

Geagte Voorsitter

BEKENDSTELLING VAN PROJEK BARTIMEUS – MATT 20:29-34

 

Vir 59 jaar is die Nederduitsch Hervormde Kerk al deel van die Transoranje Instituut vir Buitengewone Onderwys. Daar word in kort ook na hierdie instituut verwys as TOIBO. Die missie van TOIBO is as volg:

“Om leerders met spesiale onderwysbehoeftes in die vyf Instituutskole deur middel van fisiese hulpbronne en diens in staat te stel om hulle potensiaal te verwesenlik binne ‘n Christelike etos.”

Die volgende skole vorm deel van die Instituut:

Indien u meer visuele inligting verlang oor hierdie skole is u welkom om hulle webwerf te besoek by www.toibo.org.za

Die Kommissie van die ADV het op sy pas afgelope vergadering weer besluit om die finalejaar katkisante te betrek by die skole wat deel uitmaak van hierdie Instituut. Hulle het met hierdie besluit twee doelwitte voor oë gehad:

In 2005 het die kinders ‘n pragtige bedrag van R5000.00 ingesamel vir die Instituut.

Ek neem die vrymoedigheid om weer die finalejaar klas van 2006 uit te nooi om aan projek Bartimeus deel te neem. Om spreekwoordelik die hand vas te hou van ‘n dowe-, blinde-, hardhorende- of serebraalgestremde kind of ‘n kind wat aan epilepsie ly, of een met ‘n ernstige leerprobleem, bly ‘n ongelooflike ervaring.

Wil u nie as diakens, in samewerking met die predikant en die kategesehoof, betrokke raak by projek Bartimeus nie?

Wat behels dit alles?

Bemarking

Beloning?

Hulpmiddels

Hierdie twee persone sal al u vrae kan beantwoord en ook hulp verleen waar nodig.

Sluitingsdatum:

Inbetaling?

Kom ons neem deel aan die projek terwille van ons eie finalejaars en die kinders wat hulp nodig het.

Groete in Christus

Dr WJ Coetzer
Sekretaris: Kommissie van die ADV