Omsendbriewe
03 Mei 2006
OMSENDBRIEF: ADV 19/2006
Aan: Alle Diakensvergaderings
Geagte Skriba
HEFFING VIR DIAKONALE DIENSORGANE VIR 2006/2007
Die Diakonale Diensorgane het besluit om nie die bydraes wat hulle van die gemeentes ontvang vir 2006 te verhoog nie.
Hieronder word die bydrae per belydende lidmaat per jaar aan u deurgegee vir die afgelope 4 jaar:
2003 2004 2005 2006 Diakonale Pleegsorghuise R8.40 R8.40 R8.40 R8.40 Die Ondersteuningsraaad R13.00 R13.00 R13.00 R13.00 Stabilisasiefonds: Bejaardesorg R5.00 R5.00 R5.00 R5.00 Transoranje Instituut vir Buitengewone Onderwys R0.75 R0.75 R0.75 R0.75 Hierdie bydraes vir die Diakonale Diensorgane is sedert 2003 nie aangepas nie. Dit word so gedoen omdat die Diakonale Diensorgane bewus is van die feit dat die gemeentes finansieel swaarkry. Daarom is elke Diakonale Diensorgaan ook aktief besig om fondse in te samel om hulle dienste te bekostig. Die Diakonale Diensorgane het egter nog steeds u bydraes nodig om ‘n effektiewe diens aan die lidmate van ons kerk te kan lewer.
Mag ons u vriendelik versoek om asseblief ernstig oorweging te skenk aan hierdie pleidooi.
Baie dankie vir u positiewe oorweging van hierdie aangeleentheid.
Groete in Christus
Dr WJ Coetzer
Sekretaris: Kommissie van die ADV