Omsendbriewe
12 Januarie 2006
OMSENDBRIEF: ADV 1/2006
Aan: Die Voorsitter Kommissie van die Ringsdiakensvergadering Geagte Voorsitter en Kommissielede
'N BAIE GESEëNDE EN VOORSPOEDIGE 2006 WORD U TOEGEBID AS KOMMISSIE VAN DIE RDV
Dit is my voorreg om u as Kommissie ‘n baie geseënde en voorspoedige 2006 toe te wens.
Mag die Heer van die Kerk u ryklik seën met sy genadegawes en mag sy liefde soos dit besing word in die woorde van Gesang 332 vir u as Kommissie waar word:
God se liefde, so oneindig, sien die nood van sondaars raak,
en God stuur vir hul die Christus wat van sondaars kinders maakJesus wys ons hoe sy liefde liefdeloosheid kan oordek en in harde menseharte deernis en geloof kan wek.
Heer, ons leef steeds soveel kere of u liefde ons nie raak en vergeet van al u goedheid wat van ons u kinders maak.
Tot U, Here, klink ons lofsang – oor u liefde wil ons sing en ons wil u liefdesboodskap oor die aarde uit laat kring.
Mag u in die jaar wat voorlê hierdie fakkel van Jesus Christus se liefdesboodskap brandend hou in u ringsgebied. Mag u as Kommissie van die RDV deur u optrede aan u mede diakens demonstreer hoe Jesus deur sy liefde liefdeloosheid kan oordek en in harde menseharte deernis en geloof kan wek
Ek wil u as Kommissie net weer dringend aan die volgende sake herinner:
- Indien u nog nie u kennisgewing rondom die plek en tyd van die RDV vir 2006 aan ons deur gegee het nie moet u dit asseblief baie dringend doen
- Al die toepaslike verslae is reeds aan die verskillende gemeentes versend. Indien u dit nog nie ontvang het nie moet u dit asseblief van die kerk se webwerf ‘aftrek’ vir verspreiding in u ring.
- U moet ook asseblief seker maak dat alle agterstallige gelde soos bepaal deur die ADV (R2.50 per lidmaat) aan die Raad van Finansies oorbetaal is. In gevalle waar die oorbetalings nie gemaak kon word nie moet u asseblief net deur ‘n skrywe bevestig dat u as kommissie bewus is daarvan en dat die aangeleentheid u aandag geniet.
Indien daar enige sake is waarmee ek u kan behulpsaam wees mag u met vrymoedigheid van my dienste gebruik maak.
- U kan my gedurende kantoorure kontak by die kerkkantoor by (012) 322-8885
- Na ure by 072 397 9593
- Indien u eerder van ‘n e-pos gebruik wou maak mag u dit aanstuur na adv@nhk.co.za.
- Indien u eerder ‘n faks sou wou stuur moet u dit asseblief versend na 0866305155
Baie sterkte met u werksaamhede in 2006.
Groete in Christus
Dr WJ Coetzer
Sekretaris: Kommissie van die ADV