Omsendbriewe

 

27 Januarie 2006

OMSENDBRIEF: ADV 5/2006

Aan:

Die Sekretaris
Diakensvergadering

Geagte Br/Sr

BERAAD OOR ARMOEDE 4 MAART 2006

 

Soos u reeds ‘n geruime tyd weet het die Kommissie van die ADV die jaar 2006 opsy gesit om aandag te gee aan die verarming van die lidmate van ons kerk.

Nou is dit my voorreg om u as kommissie uit te nooi om twee (2) afgevaardigdes uit u ring te stuur om hierdie beraad by te woon. 

Die tema van die beraad is: VENSTER OP ARMOEDE

Die plek waar die beraad plaasvind:
DIE GEMEENTE SWARTKOP
IRELANDLAANVERLENGING
ELDORAIGNE

Die tyd:
REGISTRASIE BEGIN VANAF 07:30
DIE BERAAD BEGIN 08:00 EN DUUR TOT 17:00

Die doelstellings van die beraad is as volg:

Die werksmetode van die beraad is as volg:

Die volgende hulpverleningsprogramme gaan ook tydens die beraad bekend gestel geword:

Die koste van die beraad:

GRATIS! U moet asseblief net verantwoordelikheid aanvaar vir die reis en die verblyf kostes van u afvaardiging.

Daar is net een voorwaarde: U MOET VOOR OF OP 20 FEBRUARIE U PLEK BESPREEK BY MARIÉ VAN NIEKERK. Ek wil u vriendelik dog dringend versoek om nie net op te daag nie. Daar kan net middagete bedien word aan afgevaardigdes wat hulle plekke vooraf bespreek het.

U kan haar kontak by 012 322 8885 tydens kantoor ure. Of u kan haar per e-pos laat weet by kinderhuise@nhk.co.za

Kom ons pak ook hierdie probleem positief in die geloof.

Hoop om u daar te sien.

Groete in Christus

Dr WJ Coetzer
Sekretaris: Kommissie van die ADV