Omsendbriewe

 

27 Januarie 2006

OMSENDBRIEF: ADV 8/2006

Aan:

Die Sekretaris
Diakensvergadering

Geagte Br/Sr

WYKS- EN JAARVERSLAE
VAN DIE DIAKENSVERGADERING

 

Dit is weer daardie tyd van die jaar. Die tyd wat jaarverslae voltooi en verwerk moet word.Ek wil u baie sterkte toewens met die taak. ‘n Hervormer en ‘n verslagvorm is nie altyd goeie pasmaats nie. Hier by die kantoor van die Kommissie van die ADV weet ons dat dit nie altyd maklik is om diakens te motiveer om ‘n wyskverslag te voltooi en nog betyds in te dien nie. 

Daarom wil ek u sterkte toewens met die taak en u by voorbaat bedank vir die tyd en die energie wat u gaan spandeer om hierdie taak suksesvol af te handel. 

Ek wil u tog net vriendelike maar baie dringend versoek om die invul van hierdie jaarverslae in ‘n baie ernstige lig te beskou. Daar is ‘n paar belangrike redes agter hierdie versoek:

Baie sterkte met hierdie groot taak!

 

Groete in Christus

Dr WJ Coetzer
Sekretaris: Kommissie van die ADV