Omsendbriewe

 

27 Januarie 2006

OMSENDBRIEF: ADV 9/2006

Aan:

Die Skriba
Ringsdiakensvergadering

Geagte Br/Sr

JAARVERSLAE VAN DIE GEMEENTES AAN DIE RINGSDIAKENSVERGADERING

 

Dit is weer daardie tyd van die jaar. Die tyd wat gemeentes se jaarverslae ontvang en verwerk moet word. Ek wil u baie sterkte toebid met die taak. ‘n Diakensvergadering en ‘n verslagvorm is nie altyd ‘n werkbare kombinasie nie. Hier by die kantoor van die Kommissie van die ADV weet ons dat dit nie altyd maklik is om gemeentes te motiveer om ‘n jaarverslag te voltooi en nog betyds in te dien nie.

Daarom wil ek u sterkte toewens met die taak en u by voorbaat bedank vir die tyd en die energie wat u gaan spandeer om hierdie taak suksesvol af te handel. 

Ek wil u tog net vriendelik maar baie dringend versoek om die samevatting van hierdie jaarverslae in ‘n baie ernstige lig te beskou. Daar is ‘n paar belangrike redes agter hierdie versoek:

Baie sterkte met hierdie groot taak!

 

Groete in Christus

Dr WJ Coetzer
Sekretaris: Kommissie van die ADV