Opleiding & Ontwikkeling
Geagte Diaken, Hieronder verskeie toerusting modules, handleidings, vergadering dokumente en prosedures om u by te staan om u werk as diaken makliker te maak. Hier is self 'n afrikaanse Bybel applikasie wat u kan installeer. Hou gerus hierdie blad ingedagte en kom loer gedurig in. Soos ons vir u meer inligting het sal ons dit plaas.
Toerusting | Handleidings | Vergaderings | Die Bybel
Bybel in Afrikaans:
Hieronder 'n installering vir die Bybel in Afrikaans. Die installasie is ongeveer 7mb. Indien u sukkel om dit af te laai kontak ons gerus. Wanneer u die Bybel wel gebruik, sal ons dit waardeer as u erkenning kan gee aan die Outeur, Andries de Ridder, deur hom 'n "dankie e-pos te stuur by aider@mweb.co.za.
- Laai die Bybel hier af in 'n zip formaat
Neem kennis: Hierdie weergawe werk ongelukkig nie op Microsoft Windows XP nie. Ons is tans besig om die nuutste weergawe te verkry. Daar is tans 'n ander Bybel applikasie beskikbaar maar ons is hier in die proses om toestemming te kry vir plasing op die ADV se blad. Vir meer inligting rakende die nuwe applikasie, kontak asseblief vir Dr Wilhelm Coetzer of Diak D de Beer.