Leer die Kommissie van die ADV van nader ken
Inleiding | Profiel - Voorsitter | Profiel - Skriba | Algemeen
|
ADV Sekretaris
|
Watter persoon of gebeure het die grootste indruk op jou lewe gemaak? 'n Opmerking van 'n bejaarde dame op haar sterfbed het 'n blywende indruk op my gemaak. Sy het gesê 'n mens leef nie om te vra hoekom en waarom nie. Jy leef omdat jy met jou hele hart aanvaar dat die alwetende Here beter weet as jy. Jy kan net met die terugkykslag wéét. Aanvaar sy wil en leef jou lewe elke dag voluit. Moenie dat 'n dag van jou lewe ongeleef verbyglip nie. Aan die einde van jou lewe rus die dinge wat jy nagelaat het om te doen baie swaarder op jou gewete as die dinge wat jy wel gedoen het. Wat behels jou pos as sekretaris van die ADV?
Hoekom het jy vir hierdie pos aansoek gedoen? Die eerste opdrag wat ek in die kerk as baie jong predikant ontvang het, was om 'n werkswinkel by te woon in Rustenburg in 1985. Dit het gehandel oor die instelling van diensgroepe. Sedertdien het die kerk my met niks anders vertrou nie as net met die diakonaat. Daarom dink ek meer soos 'n diaken as 'n ouderling. Miskien het die gedagte om die eerste diaken met preekstatus te wees my baie geprikkel. In kort - om mense in staat te stel om ander mense te help, is een van my passies. Wat is volgens jou die sterk punte en swak plekke in die funksionering van die diakens in die kerk? Sterk punte is die volgende:
Ja, daar is wel swak punte:
Watter verskil wil jy maak aan die kerk se diakonale werk? Ek wil baie graag die spanbenaderingsbeginsel tussen die diakens en die diakonale strukture van die kerk verder uitbou. Die einddoel is effektiewe dienslewering aan die mens in nood deur mense wat aangevuur word deur die liefde van Jesus Christus. Wat is jou droom vir die kerk? 'n Gemeenskap van gelowiges waar ons gedryf word deur die liefde van Jesus, 'n Gemeenskap waar ons mekaar liefhet en mekaar met ons gawes dien. 'n Gemeenskap waar ons van mekaar verskil en daardie verskille aanvaar en respekteer. Dit behoort elkeen van ons se plig te wees om deur die liefde en respek wat ons vir mekaar se menswees het, die swak punte van die ander gelowige te omskep in sterk punte. |
||||||||||||||||||||||||||||||||