Wie is die Kommissie van die ADV

Leer die Kommissie van die ADV van nader ken

Inleiding | Profiel - Voorsitter | Profiel - Sekretaris | Algemeen

Wie is Christa Clifton?
Kwalifikasies: Honneurs B Rek, H.O.D.
Beroep: Korporatiewe Bemarker by die ATKV waar ek al die lekker dinge doen soos kunstefeeste en Nampo bywoon.
Belangstelllng: Mense en hulle dinge want die lewe is vir my 'n opwindende ervaring! Naaldwerk, lees en gholf.
Gesin: Kinderlose weduwee, met 'n wonderlike ondersteuningsbasis - die voorreg om my Ma by my te hê, my broer, sy drie seuns wat soos my eie is en wonderlike vriende.

Persoonlike visie vir jouself as gelowige?

Om 'n gewer te wees... vryelik en onvoorwaardelik van myself en van my liefde. Om elke dag so te leef dat ek 'n onselfsugtige bron van seën sal wees vir almal met wie ek in aanraking kom.

Jou visie vir die ADV / Diakonaat in die Hervormde Kerk?

Struktuur: Praktiese, werkbare handleiding vir gebruik.
Praktyk: Om werklik op die praktiese toe te spits en armoede aan te spreek.
ADV: Die Kommissie van die ADV moet werklik van hulp kan wees op 'n voogstelselbasis sodat diakens onmiddelik kan hulp kry.

Jou ervaring van die derde ADV:

Wonderlik! Diakens het informeel gemeng en werklik gesê hoe hulle voel. Die ADV maak sy merk sodat gemeentelede op grondvlak daaruit kan put en skep.

Na jou mening die belangrikste mylpale van die afgelope termyn asook die belangrikste besluite van die ADV:

Die navorsing deur middel van Nicdam om uiteindelik die Hervormde Kerk te leer hoe om selfstandige fondsinsamelaar te kan wees.

Om diakens die kans te gee om self die ADV te bestuur! Nee, die besef dat tye en dinge daagliks verander en dat ons altyd bereid moet wees om te luister en aan te pas, ook by die individu.

Skriba

Christa Clifton