Leer die Kommissie van die ADV van nader ken
Inleiding | Profiel - Skriba | Profiel - Sekretaris | Algemeen
|
Voorsitter |
Wie is Johan van Loggerenberg? 'n Hervormer van geboorte en grootgeword in Gemeente Newlands waar ek in 1971 as diaken verkies is. My pa was Oom Piet, jarelange Kategesehoof van Gemeente Newlands. Ek is sedert 1980 diaken in Gemeente Swartkop, en tans ook voorsitter van die Gemeente se Finansiële Kommissie. Ek is ook visevoorsitter van die Ringsdlakensvergadering van die Ring van Pretoria-Wes. Ek is in 1979 getroud met Ria, 'n nooi Van Zyl en ook 'n Hervormer van geboorte, en ons het een dogter, Anél, wat in Graad 7 is. Kwalifikasies, beroep, belangstellings... Ek het matriek geskryf aan die Hoërskool Helpmekaar, waarna ek in 1971 by Volkskas Bank in Johannesburg begin werk het. In 1974 is ek Pretoria toe verplaas en as rekenaarprogrammeerder opgelei. In 1889 het ek die Bestuursopleidingsprograrn by die Universiteit van Pretoria voltooi. Tans is ek werksaam in die afdeling Groepbesigheids- en Tegnologiese Dienste van ABSA. Ek het op skool en in rny jonger dae sosialee rugby gespeel en Wat is jou persoonlike visie? My visie is om - Jou visie vir die ADV / Diakonaat in die Hervormde Kerk? My visie vir die ADV en die Diakonaat in die Hervormde Kerk is - Hoe het jy die derde ADV ervaar? Ek het die derde ADV positief beleef; die diakens is stadig maar seker om meer na vore te kom en eienaarskap van die ADV te neem. Ek dink nie daar word altyd besef watter groot stap die kerk geneem het met die implementering van die nuwe Kerkorde nie, en wat die implikasie daarvan is, veral vir die diakensamp. Die diakens is totaal op hulself aangewese, terwyl die ouderlingsarnp deur die predikante ondersteun en gedra word. Wat was na jou mening die belangrikste mylpale van die afgelope termyn? Die belangrikste mylpale in die afgelope termyn vir my was die verandering van die Diakonale Diensorgane om by die veranderde staatsbestel aan te pas en vir ons kerk sodoende nog steeds die beste barmhartigheidsdiens te lewer, en dan ook die ondersoek na 'n fondsinsamelingsfunksie binne die kerk om fondse van buite die kerk te verkry om ons barmhartigheidsdiens te verrig. Die belangrikste besluite van die derde ADV? Ek dink die belangrikste besluit van die derde ADV was, om te besluit om predikante nie weer deel van die Kommissie van die ADV te maak nie. Daarnaas die besluit oor die vestiging van 'n Sekretariaat vir die ADV, wat oor die afgelope termyn al hoe noodsaakliker geword het en in die volgende termyn onontbeerlik sal wees. |